Gereformeerde Kerke in SA.

Kerklike Tydskrifte
Vroueblad Maart 2000

Kerkblad 8 Maart

Uit die Woord

Wat gebeur?

Sinode 2000

Hoe lyk ons Predikante

Ons Glo.......  We Believe.....

Kerkorde

Katkisasie
probeer Graad 6

Indeks van Kerke

Kerke in Korrespondensie

Evangelisasie / Evangelism 

Boekwinkel

Bruikbare skakels.

Menings uitgespreek in artikels of oordenkings verteenwoordig nie noodwendig die van die Gereformeerde kerke in SA nie. So ook inligting op skakels waarna verwys word.

Rig navrae aan die drumpelwagter

Klik hier om die blad van die GKSA jou openings blad te maak wanneer jy op die internet aanteken. 

netw_logo.gif (6498 bytes)

  Deursoek hierdie web van die GKSA:
  
  Deursoek hier
  Web

Search powered by
MyComputer.com's
SiteMiner

27 Maart, 
28 Maart,
29 Maart,
30 Maart,
31 Maart.

27 Maart 

Openbaring 3:7-10 (HK 7)

Wie is die verlostes?

Die Bybel leer ons baie duidelik dat alle mense in Adam verdoem is tot die ewige dood omdat ons elke dag teen God sondig en ongehoorsaam is. Ook dat God sy Seun na die wêreld gestuur het om sondaarmense te verlos van hierdie ewige dood en aan hulle die ewige lewe te gee. Al is Jesus se verlossingsdaad aan die kruis oorvloedig om alle mense se sondes te betaal, word alle mense nie verlos nie! Wie dan wel? Drie verbandhoudende sake moet hier aandag kry:

Eerstens: Verlostes moet deur die geloof in Christus ingelyf wees. Hier is God aktief besig en die mens passief. Die uitdrukking in Op 3:7 “die sleutel van Dawid” wat oop- en toesluit dui die volle beskikkings- en vrye verkiesingsmag van God aan. In God se regverdigheid en barmhartigheid maak God skeiding tussen mense. Deur God se genade het Hy beskik dat mense in Christus ingelyf is; dat hulle die verlossing uit hulle sondenood verkry het; dat hulle deur God geroep is om sy kinders te mag wees.

Tweedens: Verlostes moet deur die geloof God se weldade aanneem. Hier antwoord die mens deur aktief die verlossingsdade op jouself van toepassing te maak. Openbaring 3:10 beveel dat ons moet “bewaar”.

Derdens: Hoe word ek ingelyf en kan ek die weldade aanneem? Deur waarlik te glo. Dit is om God se beloftes te ken én daarop te vertrou. Deur God se Gees word ek in staat gestel om te ken en te vertrou. Hy breek met sy sleutelmag alle weerstand af (Op 3:7,8). Daar vind ’n kettingreaksie plaas: God het my eerste lief (inlywing), daarom het ek Hom lief. Loof die Here!

Sing: Psalm 119:48                Ds. A.H. Stavast (Mosselbaai)

 

28 Maart 

Openbaring 3:10-13

Beloftes aan die verlostes

Die Here maak in Openbaring 3:10-12 ses beloftes aan die mense wat deur die geloof in Christus ingelyf is en sy weldade aangeneem het:

Vers 10: Omdat ek bewaar (geglo, aangeneem) het, sal die Here my ook bewaar (staande hou in die geloof) in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom. Ek word nie beswaar van beproewing nie, maar in.

Vers 11: “Kyk, Ek kom gou!” Die Here kom weer. My Verlosser lééf. Hy sit aan die regterhand van God en is my Voorspraak by die Vader. Sy menslike natuur dáárbó, is ’n betroubare waarborg dat Hy my ook na Hom sal neem (HK 17). Ek moet vashou, volhard. die dinge “daarbo” soek.

Vers 12: Vier beloftes kom tot my wat oorwin (getrou staande bly):

Een: Die Here sal my ’n pilaar in sy tempel maak, vir altyd. ’n Pilaar is ’n simbool van standvastigheid en sierlikheid. Ek sal saam met Hom as Koningskind in heerlikheid uittroon.

Twee: Op my sal die Naam van God geskrywe staan. Dit is ’n versekering dat ek aan die Here behoort. Ek dra sy Naam. Ek is deur Christus se bloed gekoop. Jesaja 43:1: “Jy is Myne”.

Drie: Op my sal ook die naam van die Godstad (nuwe Jerusalem) geskrywe staan. Die ou hemel en aarde het verbygegaan. Die nuwe is nou my bestemming. Skoongewas en voorberei deur Jesus Christus.

Vier: Op my sal ook die Here Jesus se nuwe Naam geskrywe word. Deur sy opstanding het Hy Oorwinnaar (Matt 28:20) geword. Hy is Bruidegom, ek sy bruid. Saam met die Bruidegom deel ek in sy heerlikheid as Oorwinnaar. Deur sy oorwinning is ek nie meer “sondaar” nie, maar “Christen”. Hoor wat die Gees sê!

Sing: Skrifberyming 43:4,5,6    Ds. A.H. Stavast (Mosselbaai)

 

29 Maart 

2 Timoteus 4:1-8 (vers 5d)  

Vervul jou roeping, want jy is geroep

“Roeping” is ’n pragtige woord. Dit is ’n woord wat in elke mens se woordeskat behoort te bestaan maar dan nie net in ons spraakgebruik nie. Dit moet ook ’n doenwoord, ’n werkwoord wees.

Die woord “roeping” sê: daar is ’n Roeper. As Christengelowiges glo ons dat die Roeper God, die almagtige Here, is. As dié Roeper verwag Hy ’n antwoord van ons - antwoorde nie net in wat ons sê nie, maar ook en veral in wat ons doen. Elke mens - of jy dit weet, nie weet of nie wil weet nie - is in sy diepste wese ’n geroepene van God. Die ongelowiges en die heidene dink nie so oor hulle lewe nie. En tog, uiteindelik sal die Regter van hemel en aarde almal voor die gerigstroon roep om verantwoording te doen.

Om te antwoord op jou roeping is om te hoor dat die Here jou roep - en dan nie net in die groot en gewigtige dinge van die lewe nie. Ook in die klein dingetjies van die lewe roep Hy jou en is jy ’n geroepene. Wie sy eie straatjie skoonvee, is ook medewerker om die weg van die koninkryk na die ewigheid te berei. Jy is deel van God se grondpersoneel.

As geroepene van die Here pak elke dag moedig en gelowig aan en maak die beste gebruik van elke geleentheid. Vervul jou roeping en “voer al die pligte van jou bediening uit” (2 Tim 4:5d), want jy is geroep. So sal jy jou Roeper, jou Skepper en Here, dien, jou menswees verryk en verdiep en tot ’n seën wees in jou kontrei.

Sing: Skrifberyming 49:3               Dr. P.W. Bingle (Kaapstad)

 

30 Maart 

Matteus 25:14-30  

Vervul jou roeping, want jy hét dit

 God verwag van elke mens sekere dinge - nie van alle mense alle dinge of dieselfde dinge nie. Daar is gemeenskaplike sake wat vir alle mense geld - soos geloof, gebed, bekering en gehoorsaamheid. Maar daaroor gaan dit nie nou nie as ons sê: “vervul jou roeping, want jy hét dit”. Met “vervul jou roeping, want jy hét dit” bedoel ons: jy hét talente, geleenthede, tyd en vermoëns om jou roeping te vervul en te gehoorsaam. Jou hemelse Vader het dit aan jou gegee.

In die gelykenis van die talente vertel die Here Jesus van ’n man wat op reis gegaan het. Hy het sy diensknegte geroep en aan elkeen talente gegee. En dan staan daar die merkwaardige woorde: “aan elkeen na sy vermoë” (Matt 25:14,15).

Die dieper sin van die gelykenis is: die Man wat op reis gegaan het, is die Here Jesus wat opgevaar het na die hemel. Hy sal weer kom en rekenskap vra van jou roepingsvervulling. Het jy wat na vermoë ontvang het, na vermoë gepresteer? Die Here verwag nie van almal om wenners of voorsitters te wees nie. Wat help dit as almal generaals is en daar is nie ook korporaals nie? Hy verwag nie van die een-talenter om met vyf talente te presteer nie.

Doen jou ding. Moenie net ’n toeskouer of ’n passasier wees en kyk hoe ander die spel speel en die ding doen nie. Kom op die speelveld. Blom waar jy geplant is. Die moraal van die verhaal is dus: wees getrou met die gawes, die geleenthede, die tyd en die vermoë wat God aan jou gegee het. Vervul jou roeping, want jy hét dit!

Sing: Psalm 40:4        Dr. P.W. Bingle (Kaapstad)

 

31 Maart 

Psalm 139:13-16  

Vervul jou roeping, want jy is jy

 

Jy hoef nie verskoning te vra dat jy lewe en dat jy jy is nie. As God jou die gawe van lewe gegee het, dan het jy genadiglik die reg op bestaan en niemand mag dit minag of verkleineer nie.

Beskeidenheid is wel ’n mooi karaktertrek en ’n mens moet ook jou vermoëns, beperkinge en plek in die lewe ken. Maar jy moet ook besef: jy is jy en ek is ék. Dit is God se wil. God, die Vader, het ons elkeen anders gemaak, uniek en onherhaalbaar ... “kunstig geweef in my moeder se skoot” (Ps 139:13-16).

Jy is ook nie jou ma of jou pa se replika nie, al aard jy na een van hulle. Jy is onherhaalbaar jy! En God roep juis vir jou - vir jou wat uniek is - om op ’n bepaalde plek en in ’n bepaalde tyd tussen bepaalde mense jou roeping as geroepene van God te vervul.

Gewoonlik sondig ’n mens deur te veel van jouself te dink. Dit is egter net so ’n sonde om te min van jouself te dink. Natuurlik moet jy nie méér van jouself dink as wat jy behoort te dink nie, maar ook nie minder nie. As God jou ’n roeping oplê, as jy God se geroepene is, is dit sonde om (selfs uit beskeidenheid) te dink jy is dit nie. Laat niemand ook jou ouderdom of jonkheid of jou beperkinge verag nie as God jou die beperkinge opgelê het.  Immers, God dink soveel van jou dat Hy jou gemaak het - uniek gemaak het - en dat Hy juis vir jou geroep het tot die vervulling van ’n bepaalde roeping.

Ja, God dink soveel van jou dat Hy die Liefste wat Hy het, sy eniggebore Seun, gegee het ... ook vir jou. Daarom is die lewe en roepingsvervulling die moeite werd en jy die lewe en jou roeping werd - om dit te doen uit dankbaarheid. Vervul jou roeping, want jy hét dit!

Sing: Psalm 139:7,8                Dr. P.W. Bingle (Kaapstad)

________________________________________

Dankie vir jou besoek. Jy kan ook deelneem deur jou reaksie te gee.

Jou naam as jy wil:

Email adres as jy wil:

Wat dink jy van ons webwerf ?

Uitstekend         Goed
Redelik              Swak     

Hoe gereeld lees jy die stukkies van die web af ?

Nooit                  Nou en dan.
Gereeld              Elke dag 

Waar het jy van hierdie webwerf gehoor ? (Merk gerus meer as een as jy wil.)
    By die kerk.             Deur 'n soekenjin.
    By vriende                Daarop afgekom.
    In die kerkblad.
      Ander manier  

Enige ander notas of voorstelle.

  

____________________________________

Kry die dagstukkies daagliks in jou posbus stuur net jou e-pos adres!

Teken in vir Almanak van Gereformeerde Kerke

Tik in  jou e-pos address:
gksa archive
An e-group hosted by eGroups.com
 
Matthéüs 16: 18
Op hierdie rots sal Ek my gemeente bou,
en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie

E-pos    netwoord_15060_ani.gif (10103 bytes)  


Kopiereg © 1997, 1998, 1999 Administratiewe Buro van die GKSA
Rig navrae aan die deurwagter